Shopping Bag

Free Delivery in South Africa over R1500

February 4, 2015

Geskenke

Ek is mal oor Kersfees en oor al die ander spesiale geleenthede soos verjaardsdae, paasfees, Moedersdag en Vadersdag, ens. Dit is darem ‘n wonderlike verskoning om iemand spesiaal te laat voel. Eintlik is ek gek oor die hele ervaring – die soek vir die geskenk (o ja en ek glo glad nie in “dat dit eintlik net die gedagte is wat tel nie”), die toedraai in pragtige papier en dan die finale asemrowende mooi en goeie kwaliteit lint, maak dit darem maar net ekstra spesiaal wanneer jy dit oorhandig.

Het jy al ooit na iemand se gesig gekyk terwyl hy/sy ‘n persent oopmaak. Opwinding bou op, hulle oë vergroot, die mondhoek wat effe aan die eenkant oplig en hul asemhaling wat van afwagting begin jaag. En dan die glimlag, die gil van absolute plesier en die daaropvolgende drukkie….hierdie is die oomblikke wat my emosionele bekertjies laat oorloop vir ‘n baie lang tyd.

Daarenteen, wanneer jy die pot heeltemal mis sit en die persoon wat jou geskenk ontvang net eenvoudig nie van dit hou nie…jy voel sommer aan die persoon is teleurgesteld – dit is sekerlik die ergste gevoel vir my!

Ek daag jou uit om die persoon wat nie ‘n terugflits na hul kindertyd het sodra hulle ‘n geskenk ontvang nie, te wys. Dit laat my net wonder hoekom ons dié spesiale aankope altyd los vir die laaste minuut. Hoeveel sjokolade of badskuim kan ‘n mens nou ontvang – dit het nou maar eenmaal alle sprankel verloor. Dink nou aan die keer toe jy ‘n spesiaal verpakte geskenk ontvang het wat jy weet die persoon heelwat moeite mee gedoen het, jy weet hulle het aan jou gedink en veral gedink oor waarvan jy sal hou? Jy sien, om ‘n geskenk te onvang gaan beslis nie sonder emosie gepaard nie en juis daarom het die keuse van ‘n weldeurdagte geskenk soveel meer waarde.

Met vandag se tegnoloie is daar soveel maniere om die regte geskenk te soek sonder om ure te spandeer in die eindelose gange van winkelsentrums.

So my advies, spandeer bietjie ekstra tyd aan die volgende geskenk wat jy gaan aankoop – jy gaan nie spyt wees nie!!

Read More

Leave a Reply

*